Home Kwotasie

Inligting

Baie dankie vir u gewaardeerde navraag.

Faks of e-pos die voltooide meubellys aan ons terug vir 'n spoedige kwotasie. Vul slegs dié blokkies in van meubels wat u wil laat vervoer en laat die ander blokkies oop.

Kontak ons gerus indien u meer inligting verlang aangaande versekering, spesiale- en/of deelvragte, verpakking asook stoor van meubels. Sou u self die verpakking wou onderneem, kan u 10 gratis kartonne (half kubieke meter) by ons kom afhaal. Indien u meer benodig, kan u dit aankoop @ R10 per karton. Ons het ook ander verpakkingsmateriaal beskikbaar, bv. kleeflint, borrelplastiek, plastiekslope, wit papier, hangkartonne, ens teen billike pryse.

Amptelike trekke sluit bogenoemde verpakkingsmateriaal in.

Stel asseblief 'n aparte lys op van u besittings wat nie op ons inventarislys verskyn nie.

Meld ook asseblief of u meubels buitengewoon groot of swaar is.

Wys ons ook asseblief vóóraf op moeilike op- en aflaai-omstandighede, bv. pypsteelerf of hooggeleë huise, dubbelverdieping huise, beskikbaarheid van hysbakke, afstand wat goedere gedra moet word na meubelwa, ens.

Ons beloof om professionele diens aan u te lewer.

Vriendelike groete.
Bestuur en Personeel

Druk hier om ons nuutste vorms af te laai en te voltooi, stuur dit na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Last Updated (Thursday, 14 January 2016 10:48)